Tanya -
Tanya -
Voordat ek Jesus as persoonlike verlosser en saligmaker aangeneem het, was my lewe leeg en doeloos gevul met wêreldse 'plesiere' en sondes. Ek was verlore in sonde en het 'n dubbele lewe geleí. By die skool en buite die kerk en my ouerhuis was ek sondig en sleg en by die huis en kerk het ek voorgegee wat ek nie werklik was nie. Ek was oneerlik en het verkeerde dinge gedoen, en om dit weg te steek moes ek leuens vertel.
Op 'n staduim in my lewe het dinge so erg begin raak dat ek by die okkulte betrokke geraak het.
Maar deur die genade van Jesus Christus wat aan die kruis gesterf het vir my sondes, het Hy my kom oortuig van my verlore toestand. Op die 3de Maart 2008 het ek Hom in my lewe genooi en die smal weg gekies waarop ek nooit wil terugdraai nie.
Jesus stap 'n wonderlike pad saam met my en al is die lewe nie sonder stryd nie, weet ek, ek hoef nie alleen te wees in die stryd nie want Hy stry saam met my.
Ook praat Hy met my deur Sy woord en ek weet Hy sal my nooit begewe of verlaat nie.