Annie se Getuienis

Ek is deur ‘n agnostiese ma grootgemaak. Sy is van my baptiste pa geskei. Hy was onstabiel en geweldadig. Die paar keer wat ek wel die kerk besoek het was met bure of skool vriende wat my genooi het. Ek het my vriende wat kerk toe gegaan het en tydens etes en slaaptye gebid het, beny. Ek het na so ‘n lewe gesmag. Ek is gedoop in die Anglikaanse Katolieke Kerk wat in my buurt was toe ek in graad ses was. My beste vriendin se ouers het my geborg. Maar ek het gou geleer dat geloof net ‘n klomp reëls was, wat ek nie kon nakom nie.

Om groot te word in ‘n enkelouer huis het sy eie stel probleme gehad. By die skool was ek verwerp en het gou geleer om op myself staat te maak, sowel as om in ‘n fantasie wêreld te ontsnap. Toe ek blootgestel is aan dwelms en drank op elfjarige ouderdom het ek gedink dat ek die hemel ontdek het. Ek het van my geloof af weggedraai en ‘n kind van die aarde geword, ‘n blommekind, ‘n hippie. Ek het deur die land geryloop, kaalvoet en sonder enige bekommernis in die wêreld. In 1975 het ek ‘n man in ‘n kroeg ontmoet wat my voete onder my uitgeslaan het. Hy was ‘n katoliek en ek was seker dat hy die antwoord op my lewenslange soeke na geloof was. Ek het met Len getrou, ‘n katoliek geword en drie seuns gehad. Ons huwelik was plofbaar, oor my gedrinkery en ons verskillende filosofieë. Len het op ‘n plaas grootgeword as die vierde van dertien kinders. Hy wou ‘n plaas vroutjie hê. Ek was ‘n wilde kind, ‘n vry gees en wou nie bande hê nie. Na tien jaar van argumente het Len geweldadig met my begin word en dit was al verskoning wat ek nodig gehad het om te vlug.

Ek het hom en my seuns verlaat en rondgeploeter vir ‘n paar jaar. In 1989 het ek na San Diego toe getrek, ‘n finale poging om van myself te ontsnap. Daar het ek geleer dat dit nie saak maak waarheen ek gaan nie, “ek” is ook daar. Ek kon nie van die persoon wat my wou vernietig wegkom nie – myself.

In 1991 terwyl ek besig was om van dwelms en drank te rehabiliteer het ek saam met ‘n man gebly wat ek gedink het met my wou trou. Doug (nie sy regte naam nie) was sjarmant en ons begin van ons verhouding was soos mango en salsa, soet en geurig. Doug was diep gekwes, en kon nie sy “issues” van kindermishandeling en verwaarloosing oorkom nie. Sy ma is van ‘n oordosis herion oorlede toe hy maar 9 jr oud was. Sy pa en stief familie het hom nooit aanvaar nie. Doug en ek het ‘n paar keer uitgemaak agv sy woede buie. Die laaste keer het hy my oor ‘n bank gestamp en ek het agteroor geval, en dis die dag dat Steve my van ‘n gewisse dood gered het. Ek twyfel nie dat Doug my eendag sou vermoor het nie.

Toevallig het Steve ‘n kamer te huur gehad in sy huis. Ek het Steve per toeval by ‘n AA vergadering ontmoet. Ek het by die AA aangesluit en my laaste alkoholiese drankie op 11 Januarie 1990 gehad. Ek is nugter en skoon van toe af. Steve het in ‘n huis gebly wat aan sy ouers behoort het en kamers vir hulle uitgehuur en soos ‘n opsigter opgetree. En daar het ‘n kamer oopgegaan daardie dag toe ek een nodig gehad het. Die dag dat ek Doug verlaat het, het ek Steve gebel en gevra of die kamer nog beskikbaar was. Hy het saam met my gegaan om my goed in te pak ingeval Doug ‘n gevaar sou wees. Doug was in ‘n bondeltjie opgekrul en so hulpeloos soos ‘n pasgebore baba. ‘n Tipiese gedrag na een van sy woede buie.

Na ek in my kamer ingetrek het, het ek en Steve beste vriende geword. Ek het met ‘n paar mans uitgegaan en gewonder hoekom Steve nie ‘n meisie gehad het nie, want hy was ‘n oulike ou. Amper te gaaf! Ons het naderhand gewonder of ons nie ‘n verhouding moes hê nie, omdat ons mekaar se geselskap so geniet het. Kort voor lank het ons ‘n slaapkamer gedeel en ‘n paar maande later het Steve my gevra om te trou.

Ek wou gereeld met hom opbreek want hy was net te gaaf, soos ek aan my AA borg verduidelik het. Sy het gedreig om nie meer my vriendin of borg te wees as ek dit sou doen. Ek het maar die rebel in my geignoreer en sy liefde en goedheid teenoor my  aanvaar. Na ons verloof geraak het, het ons na die perfekte huweliksbevestiger gesoek. Hy moes welsprekend wees en bereid wees om ons op die strand te trou. So het ons soektog begin en buite troues dop gehou en Sondag dienste by gewoon. Een Sondag oggenddiens in Nov. 1994 het ons ‘n baptiste kerk bygewoon. Ek onthou nie die preek nie, net ‘n gedeelte daarvaan. Die predikant het direk vir my en Steve gekyk waar ons in die 2de ry in die middel gesit het en gesê: “Daar is mense daar buite wat in sonde lewe en hulle weet dit nie”.  Hy het stilltjies gelag en gesê “Kan jy dit glo, hulle weet dit nie eers nie”!  Ek en Steve het mekaar met verbasing aangekyk en gewonder wat hy van ons weet. Op die einde het die predikant iets gesê  soos “As jy Jesus nie as jou Verlosser ken nie, sê net hierdie gebed saam met my in jou hart”. Hy het toe die sondaars gebed gebid.

Ek verag formele geloof na my ondervinding in die Katolieke Kerk. Na my egskeiding van Len was ek verban uit die kerk. Moeder aarde het my god geword, die groot gees van die heelal, ‘n onpersoonlike edintiteit. Ek was diep onder die “New Age” spritualisme, maar ek het die gebed agter hom aangesê. Trane het begin vloei soos my sondes voor my geflits het, soos ‘n sterwende vrou haar lewe sien. Die verskil was dat ek dood was op pad na die lewe. Ek en Steve het in stilte huistoe gery, elke een besig met sy eie ondervinding van die diens. Iets het met my gebeur en ek het nie verstaan wat nie, maar ek het anders gevoel. Ek het stilletjies in my hart tot God gebid. Ek het gesê: “Here God, ek weet nie nou wat gebeur het nie, maar ek weet ek lewe in sonde en kan nie so aangaan nie. As ek Steve vertel dat ons nie meer kan saam slaap nie gaan hy my uitgooi, so ek hoop U het ‘n plan, want ek weet nie waarheen ek kan gaan nie” Na ons by die huis gekom het en Steve begin verklee het, het ek my hand op sy skouer gesit en hom gesê: “My vriend, in die kerk het iets met my gebeur, ek het die gebed opgesê en my lewe is verander en nou gaan ek nie meer by jou slaap terwyl ons nie getroud is nie.”

Met trane in sy oë het hy gesê dis reg so en hy verstaan. Toe deel hy sy getuienis met my. As ‘n jong seun het hy in die hoërskool ‘n oorgawe aan Jesus gemaak, maar het weggedwaal en met ongoddelike mense vriende geword en dwelms en drank gebruik. Terwyl ek besig was om my sonde te bely, was hy besig om homself opnuut aan Jesus oor te gee. Ons het met die Pediker ontmoet en als aan hom verduidelik en verseker dat ons nou in aparte kamers woon. Hy het ons bemoedig oor ons gewilligheid om die regte ding te doen. Toe lees hy vir ons 1 Kor 10:31-33, “of julle dan drink of enige iets doen, doen alles tot verheerliking van God. Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie, net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar die van baie sodat hulle gered kan word” Hy het toe aan ons verduidelik al bly ons apart in die huis, bly ons nog saam en mense in die buurt sal nog dink ons bly in sonde saam, en dat daar ook die kinders in die buurt was, vir wie ons ‘n slegte voorbeeld was. Hy het toe gevra dat ons huis toe moes gaan en bid dat God vir een van ons ‘n bly plek moes voorsien tot na die troue. Die transformasie in my was onmiddelik. Voor my redding was my taal vuil en ek was ‘n kru mens met ‘n bevraagbare karakter. Na my besluit om Jesus te volg het dit alles verdwyn. Ek was nou honger vir die Woord van God.

Steve en ek het by ‘n Bybel studie groep aangesluit en onsself vergryp aan die Skrif soos pasgebore baba’s aan moedermelk. Voor my redding het ek geen begeerte gehad om kerk toe te gaan nie wat nog te sê van in een trou. Maar nou is ons aktief betrokke by die kerk en sien uit na ons weeklikse byeenkomste. Ons het die Predikant gevra om ons in die kerk te trou eerder as op die strand.

‘n Jong paartjie van ons kleingroep het een van ons genooi om by hulle te kom bly tot die troue. Steve het vir die volgende 10 maande by hul ingetrek. God het ons op die regte tyd beantwoord. Die predikant het ons ‘n wonderlike beeld van die huwelik gegee terwyl hy ons voorhuwelikse berading gegee het. Hy het ons gesê om ons te verbeel dat die huwelik soos ‘n driehoek is, die vrou op die een punt, die man aan die ander een en God op die bo punt. Hoe nader hulle aan God groei kom hulle ook al nader na mekaar toe. Dit is nou 14 jaar later. En hierdie is steeds ons model. Ons is deur baie moeilike tye. Die soort tye wat geloof toets en ook verhoudings. God is goed en ons is liewer vir mekaar en vir God as ooit tevore. En ek begeer om ook my seuns te bereik met God se evangelie. Hulle is almal jong mans wat doelloos deur die lewe dwaal. My goddelose verlede is ‘n lelike vlek, mar die bloed van Jesus was die vuilste sondes skoon. Dit is nie die maklikste, sagste pad nie. Dit is nie ‘n lewe van danse, weelde en glorie nie. Ek sê dit is nie maklik nie, maar wel belonend. Dalk nie sag nie maar dit bou karakter en al kry ons geen trofeë of applous nie, is ons beloning in die Here in die Hemel. Ja ons volg ‘n Herder, maar ons ken Hom goed, beter nog; Hy ken tot die hare op ons hoof. God is goed, Sy plan is perfek en ek sal hom enige plek volg. Sy woord is perfek en tydloos. Die Here is my Herder; niks sal my ontbreek nie. Ps 23:1.