Dan se Getuienis

Ek was altyd lief om te drink. Toe ek op 19 na my eie woonstel toe trek, het ek voltyds begin drink. Teen die ryp ouderdom van 29 was ek ‘n volslae alkoholis! My vriende was ook mense met baie slegte invloede. In elk geval toe ek op die 3de Aug 2005 werk toe gaan (ek het selfone herstel), was ek ingeroep kantoor toe, waar ek oor my houding aangespreek was. Dinge het vinnig driftig geraak en ek het bedank. Hulle sou my buitendien afdank, en ek kon hulle nie blameer  nie…. ek was ‘n dronklap. Daardie aand het ek by ‘n vriend se huis totaal dronk geword en is op pad huistoe vir dronkbestuur gearresteer. My Oom het my borgtog kom betaal na ‘n aand in die tronk. Ek moes my ouers gaan vertel en dit was vir my erger as die tronk!

Terug by my woonstel het ek besluit om myself na ‘n 2 weke lange partytjie om die lewe te bring. En dit is wat ek gedoen het. Ek was depressief, sonder werk, sou my blyplek verloor en ek het my familie in die skande gesteek met die dronk bestuur saak teen my, en ek was ‘n alkoholis. Ek kon nie die volle 2 weke wag nie en op die 13de Aug 2005 het ek weer by my vriend se huis gaan dronk word. Na ek terug by my woonstel was het ek besluit om nou selfmoord te pleeg (ek het niemand van my planne vertel nie of dat ek my werk verloor het nie.). Ek het so tussen 12-15 Xanax gedrink en gedink dat saam met al die die drank in my sisteem ek gou dood sou wees……..ek het net ‘n ruk lank geslaap. Toe ek later wakker word (geskok dat ek nog lewe), het ek ‘n skeermeslem gegryp en my  polse gesny. Van hier af raak dinge bietjie waserig. ‘n Vriend vertel dat ek hom ‘n sms gestuur het en toe het ek my foon afgesit (sodat niemand my kon keer nie). Hy en sy sussie het in elk geval na my woonstel toe gekom. Hulle het geklop maar ek het nie oopgemaak nie. Ek het hulle deur die loer gaatjie gesien (terwyl ek besig was om te bloei), maar hulle het toe maar geloop. Ek is terug bed toe waar ek my polse dieper gesny het. ‘n Uur of wat later het my ma en sussie Sara opgedaag….vir watter rede ookal (net God weet). Hulle het aan die deur bly hamer. Ek het hulle toe laat inkom en al wat ek oor en oor kon sĂȘ was dat Hy my nie wou laat gaan nie. Ek het van God gepraat en ek glo eerlikwaar die enigste rede waarom ek vandag nog lewe, is dat God my nie dood wou laat gaan nie. Sara het 911 gebel ‘n ambulans het my hospitaal toe geneem waar ek 29 steke aan my polse ontvang het.

Ek is toe na ‘n plek Harbor Oaks toe gestuur en ek moes ‘n ruk lank daar bly. Terwyl ek daar was het my ma vir my ‘n Bybel gebring en met al daai tyd op hande het ek hom maar begin lees. En ek het tot nou nog nie opgehou nie! Nadat ek van Harbor Oaks onslaan is, het ek weer by my ouers ingetrek. Ek is hof toe oor my dronk bestuur saak. Ek is tans besig om ‘n opgeskorte vonnis van 1 jaar uit te dien. Die hof het my ook beveel om Alkoholiste Anoniem se vergaderings by te woon. So al wat ek nodig het om my te help is die Here. En dit doen Hy verseker. Ek het begin kerk toe gaan, Woensdag aande Bybel studies bygewoon. Ek het ‘n wedergebore Christen geword. Ek het Jesus Christus as my persoonlike Verlosser en Saligmaker aangeneem/aanvaar op die 1ste Des 2005. Ek is op die 29ste Jan 2006 groot gedoop. Ek het opgehou rook en drink. Met die Here se hulp het ek van die 13de Aug 2005 nog nie ‘n druppel drank gedrink nie. Ek het my ou vriende verlaat en het nuwe Christelike vriende in die kerk sowel as my familie. My lewe het ‘n 180 grade draai gemaak. En met Jesus in my lewe is ek so gelukkig!!